Swaynekloof Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Swaynekloof Farm is 'n leefstylplaas met uitgestrekte veekampe en 'n skilderagtige wildreservaat. Dit is in die Botriviervallei in die Overberg, 6 km vanaf die dorpie Botrivier, geleë.

Verblyf is beskikbaar in 4 selfsorgkothuise en 'n groot plaashuis met 'n swembad. Die kothuise het uitsigte oor die pragtige Botriviervallei en is ideaal vir 'n rustige wegbreek. Die gesin kan heerlik saam braai, of vir middagete kan gaste op die rivieroewer gaan piekniek hou. Die plaashuis het slaapplek vir 12 gaste. Dit het 4 slaapkamers en 3 slaapbanke. 2 van die 4 kothuise is naby mekaar geleë en is dus ideaal vir familie-byeenkomste. Elke kothuis beskik oor eetgerei, breekware en glasware. Daar is plastiekglase wat by die swembadarea gebruik kan word. Die plaashuis is toegerus met 'n yskas, wasmasjien, skottelgoedwasser, gasstoofplaat en ingeboude muur-oond.

Die plaas bied 'n rits doendinge soos visvang in die dammetjies, roei in die rivier, stap in die wildreservaat (hou asb. honde aan 'n leiband) en voëlkyk. Visvang is op 'n vang-en-vrylaat-basis. Die plaas het eland, springbok, sebra en volstruise in die omheinde area. Daar is ook 'n paar skape om die gras teen die hellings kort te hou en vleis aan die plaas te voorsien.

Ongelukkig aanvaar Swaynekloof Farm nie besprekings vir partytjies met luidrugtige musiek nie. Gaste kom na die plaas om te ontspan en die rustigheid te geniet. Om hierdie rede bied ons nie internet of DStv nie, en slegs beperkte selfoonsein. Ons huis, ook op die plaas, het selfoonsein, 'n landlyn en internet wat gedurende 'n noodgeval deur ons gaste gebruik kan word.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Frans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Swaynekloof Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false