Swerwer's Rus

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Swerwer's Rus is 'n bekoorlike kothuis in die Gansbaai Karavaanpark en slegs 80 m vanaf die strand, met 'n pragtige uitsig oor Gansbaai se hawe en die see. Gansbaai, tussen die dorpies Hermanus en Pearly Beach, lê in Walkerbaai aan die voet van die Dynefonteinberge met sy magiese kuslyn, ryk aan fynbos.

Dié kothuis het 2 slaapkamers, 1 badkamer, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, stoof, oond en 'n mikrogolfoond. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Gaste het toegang tot braaigeriewe.

Gansbaai het 'n verskeidenheid restaurante en winkels. Natuurliefhebbers kan op Gansbaai se 50 km lange ongerepte kuslyn gaan wandel. Dis ook ideaal vir swem, voetslaan, branderplankry en hengel. Daar is ander doendinge soos perdry, wynplase, kajakvaart, walviskyk, vierwielmotorfietsry en die Walker Bay Natuurreservaat in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by Swerwer's Rus sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Swerwer's Rus gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za