Sylvaner
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Julianstraat 8, Arniston, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 600 per nag, vir 12 mense
Beskrywing
Sylvaner is ’n dubbelverdieping selfsorg-huis met ’n uitsig oor die dorpie Kassiesbaai asook ’n see-uitsig. Die perseel is op ’n dubbelplot geleë en is volledig omhein met ’n alarmstelsel. Dit is slegs ’n entjie se stap van die hotel en strand af.
Die huis bied slaapplek aan 10 gaste in 5 slaapkamers.
Daar is 3 slaapkamers op die boonste verdieping. Die eerste kamer het ’n koninggrootte-bed, die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die derde een het ’n dubbelbed. Daar is ook ’n badkamer met ’n toilet en stort-oor-bad, asook ’n aparte toilet. Die sitarea lei na ’n balkon met ’n onderdakbraai en is oopplan met die kombuis en eetarea. Die oop kaggel is heerlik vir die winter.
Op die onderste verdieping is daar 2 enkelbeddens en ’n uittrekbank geskik vir jong kinders. Die vyfde kamer het 2 dubbel-stapelbeddens met slaapplek vir 4 kinders of jong volwassenes. Daar is ’n stort, wasbak en toilet vir dié 2 kamers. ’n Tweede yskas-vrieskas en wasmasjien is beskikbaar.
Die kombuis is goed toegerus met ’n groot, losstaande elektriese stoof met ’n gasstoof, skottelgoedwasser, mikrogolf, broodrooster, ketel en groot yskas-vrieskas. Daar is ’n binnehof langs die kombuis wat privaat en sonnig is en oor ’n ketelbraai beskik.
Daar is parkeerplek vir 4 voertuie op die perseel wat deur laserstraal-sekuriteit beveilig word indien nodig. Die huis beskik oor DStv. Goedgemanierde troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.
Slaapplek
’n Bespreking by Sylvaner sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Kaggel
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Jenny Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 8
Jaar gelys 5
Ligging
- Julianstraat 8, Arniston, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
- Gaste dink Sylvaner het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Julianstraat 8, Arniston, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom