T7 The Village

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

T7 The Village is 'n selfsorgwoonstel in Houtbaai - 'n bekoorlike voorstad teen die see in Kaapstad. Dit is ideaal geleë, net 20 minute se ry vanaf die middestad en al haar top-besienswaardighede. Houtbaai spog met 'n plattelandse atmosfeer omring deur die blou see, manjifieke bergreekse en eklektiese winkels en restaurante.

The Village-woonstelblok is in die hartjie van Houtbaai geleë, reg by die hoofstrand en omring deur wonderlike winkels, 'n hele rits restaurante, koffiewinkels en ontbytplekkies. Die strand is net 'n paar meter ver - jy hoef net die pad oor te steek om met jou voete in die sand te ontspan.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien. Daar is 'n slaapbank in die sitkamer beskikbaar indien dit vooraf gereël word.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en sluit 'n wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en in die sitkamer is daar 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die skuifdeure in die sitkamer bied toegang tot 'n beskutte privaat stoep met braaigeriewe en tuinmeubels. Die stoep lei ook af na die dubbelmotorhuis in die kelder. Die kompleks bied 24 uur-sekuriteit, 'n groot verhitte binnenshuise swembad waarvan gaste gerus gebruik kan maak, hysbakke na al die vlakke, veilige toesluitkelderparkeerplek en 'n lieflike binnehoftuin.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na T7 The Village gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za