Drie Susters Akkommodasie by Taaiboschfontein Karoo Accommodation | LekkeSlaap
+29
+29

Taaiboschfontein Karoo Accommodation

33 resensies
Gastehuis
  • Vanaf R706 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Taaiboschfoentein Guest Lodge, Drie Susters, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Taaiboschfontein het ’n nuwe eienaar en bied gerieflike verblyf op 'n skaapplaas in die Drie Susters-area aan die voet van die Nuweveldberge. Gaste word hartlik uitgenooi om die plattelandse gasvryheid en rustige atmosfeer van die Karoo te kom geniet.

Verblyf word in 5 en suite-kamers in die hoofhuis gebied. Elkeen van die kamers het slaapplek vir 2 tot 4 gaste. Daar is 2 en suite-dubbelkamers net buite die hoofhuis wat uit natuurlike materiale op die plaas gebou is. Daar is ook 2 privaat selfsorg-eenhede naby die hoofhuis met slaapplek vir maksimum 6 gaste en minimum 4 gaste. Die eenheid is ideaal vir 'n groot gesin. Verder is daar ook 'n bos-chalet met slaapplek vir 6 mense. Die chalet beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers en daar is ook braaigeriewe binne en buite. Die kombuis is met gastoebehore, elektriese ligte en warm water toegerus. Die chalet het geen kragpunte nie. Al ons kamers maak gebruik van sonkrag en 'n kragopwekker.

Daar is selfsorg-opsies vir aandete beskikbaar, soos braaipakkies, roosterkoek en slaai.

Buiten die skaapboerdery maak die plaas ook deel uit van die Kromrivier Oewerkonyn Bewarea in 'n pragtige deel van die Karoo. Die streek is ryk aan dier- en voëlspesies. Gaste is meer as welkom om vir 'n skilderagtige rit in die berge te gaan, berg te klim of om net terug te sit en die sterre te geniet.

Daar is soveel doendinge vir die hele gesin om te geniet. Op die plaas kan 'n mens voetslaan, die hansdiere voer of in die Karoo-swembad afkoel. Fietsry op die plaas is 'n gunsteling met die pragtige uitsigte en oop vlaktes. Voëlkykers sal ook die plaas geniet met al die verskillende spesies en naguil wat graag op die grasperk na insekte kom soek. Tuisgemaakte produkte, koeldrank, hout en gevriesde Karoolam (indien beskikbaar) is te koop.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 33 resensies vir Taaiboschfontein Karoo Accommodation
Netheid
4.6/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Taaiboschfoentein Guest Lodge, Drie Susters, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Taaiboschfontein Karoo Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R706
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Drie Susters Wes-Kaap
Vanaf R706
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R706
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Taaiboschfoentein Guest Lodge, Drie Susters, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAipJzunk4PAU9lZ9J4y5xrv5brTjoElgmjOXTUYA2QAIBuyALDZ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R706  per nag (vir 2 persone) 33 5 1 5 Taaiboschfoentein Guest Lodge Three Sisters 6970 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -31.922583332667 22.895166666333
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za