Stellenbosch Sentraal Akkommodasie by Tabanchu Villa | LekkeSlaap
+18

Tabanchu Villa

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rattray-laan 7, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Tabanchu Villa is sentraal geleë in die hartjie van Stellenbosch. Dit is net 10 minute se stap van die universiteit, dorpskern en bergroetes af. Ons nooi jou uit om die tweede verdieping van ons geskiedkundige huis met ons te deel. Die verblyf het 'n privaat, veilige ligging met parkeerplek op die perseel. Dit is ideaal vir akademici met studieverlof en is naby die skole.

Tabanchu Villa is 'n dubbelverdieping Victoriaanse dorpshuis wat in 1900 gebou is. Die boonste verdieping is beskikbaar om te hoor. Die eenheid beskik oor 3 slaapkamers (een koningingrootte-bed, 2 enkelbeddens en 1 enkelbed). Twee van die kamers het lugversorging en die derde kamer het 'n plafonwaaier. Die oopplan-kombuis en -sitarea is ten volle toegerus met 'n groot yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond en 'n tuimeldroër. Dit het ook lugversorging.

Die sitarea het 'n platskerm-TV met DStv-Premium en die eenheid het WiFi. Die badkamer wat naby die sitarea is, is onlangs opgeknap en het 'n stort en 'n wasmasjien. Daar is 'n mooi balkon met 'n lieflike uitsig oor die area.

Gaste sal 'n afstandbeheer ontvang wat die voetganger- en motorhek oopmaak en die alarm aktiveer. Die eenheid het sy eie ingang wat op die grondvloer se sitarea oopmaak. Die hoofslaapkamers en leefarea is op die 2de vloer. Gaste is welkom om die swembad te gebruik mits daar genoeg water is met die huidige waterbeperkings. Daar is 'n braai in die agtertuin.

Stellenbosch ondervind tans vlak 5 waterbeperkings en ons vra gaste se samewerking in dié verband. Ons vra om verskoning vir enige ongerief.

Die huis is naby al die besienswaardighede in Stellenbosch. maar ver genoeg van die gemaal van die dorp. Binne 5 minute se stap sal jy in die natuur wees, kan fietsry, voetslaan op Stellenboschberg, van die beste wyne proe, en die dorpie se geskiedkundige kern beleef.

Ander besienswaardighede in die omtrek sluit verskeie wynplase rondom Stellenbosch, Kaapstad (1 uur ver), die Waterfront (een van Suid-Afrika se voorste inkopiebestemmings) en Kristenbosch (Suid-Afrika se oudste botaniese tuine) in. Jy kan ook die kabelkarretjie teen Tafelberg op vat. Ons bied lughawependeldienste en persoonlike daguitstappies op versoek.

Slaapplek

’n Bespreking by Tabanchu Villa sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Tabanchu Villa
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Rattray-laan 7, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tabanchu Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rattray-laan 7, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdwk97KxPJVdj0m4aF0JfWQFVldUYCaLsAH0DxFgmfcjsvD344M?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 800  per nag (plek vir 4) 2 5 1 5 7 Rattray Avenue Stellenbosch 7600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -33.937806 18.86729
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za