Tahiti 32

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 3 Sep 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Tahiti 32 is in Parow Noord en bied gehalte-verblyf naby talle winkels, restaurante, besighede en ander geriewe.

Dié ruim eenheid ?het 2 slaapkamers en is op die eerste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 2 ekstra enkelbeddens in die sitkamer. Die badkamer het 'n bad, wasbak, stort en toilet.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n ingeboude stoof, yskas, mikrogolfoond, broodrooster en ketel. Daar is 'n TV met DStv-Compact in die sitkamer.


Die woonstel is in 'n stil sekuriteitskompleks. Die kompleks het 'n swembad, braai-area en wasgeriewe.

Die eenheid is baie sentraal en slegs 3 km vanaf Panorama Medi Clinic, 4 km van die N1 City-hospitaal af en 3 km vanaf die Karl Bremmer-hospitaal. Winkelsentrums in die omgewing sluit die Tygervallei Mall, Canal Walk en N1 City in.

Die Parow-gholfklub is stapafstand vanaf die kompleks en Grand West Casino is ook naby. Dit bied maklike toegang tot alle snelweë, is slegs 20 km vanaf Kaapstad en 13 km van Bloubergstrand en die Kaapse Wynlande af.

Slaapplek

'n Bespreking by Tahiti 32 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tahiti 32 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R990 R891 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 3 Sep 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za