Tahiti Sands

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tahiti Sands is teen die pragtige kus van Shelly Beach geleë en bied lieflike uitsigte oor die Indiese Oseaan. Die strand is op jou drumpel, en is ideaal vir luilekker sonsondergang-wandelinge. Tahiti Sands is gerieflik geleë en is stapafstand van die Shelly-sentrum met sy winkels, restaurante en fliekteater.

Die drieslaapkamerwoonstelle kyk almal uit oor die see en het groot stoepe met ingeboude braaigeriewe. Elke woonstel is ook ingerig met plafonwaaiers, 'n kluis, 'n TV met sekere DStv-kanale, en badhanddoeke en linne.

Gaste kan skoonmaakdienste reël teen ekstra koste, en daar is ook 'n onderdakparkeerplek per woonstel beskikbaar teen ekstra koste. Die kompleks bied direkte toegang tot die strand, 'n speelgrond, swembad en klimraam, en as gaste verkies om tuis te bly is daar baie bordspeletjies beskikbaar.

Die omgewing bied talle doendinge en besienswaardighede, so geen lid van die familie sal verveeld wees nie. Die omliggende area bied die Beaver Creek Koffielandgoed, Margate Country Club, Pistols Saloon en Wild West Museum, Riverbend Krokodilplaas, Suidkus Mall, Die Waffle House, Mac Bananas en Banana Café, die Mpenjati Natuurrservaat, Pure Venom Reptielpark en Wild 5 Avonture.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tahiti Sands gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 725 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false