Bettysbaai Akkommodasie by Tajacama | LekkeSlaap
+11

Tajacama

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tajacama, Bettiesbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 060 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Tajacama is 'n strandhuis in die bekoorlike vakansiedorpie, Bettiesbaai. Bettiesbaai is slegs 'n uur se ry van Kaapstad af, teen die hange van die Overberg en aan die kuslyn van die Wes-Kaap.

Daar is 3 slaapkamers met slaapplek vir 8 in die dubbelverdiepinghuis. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n stapelbed en 2 enkelbeddens. Die gesin-stortkamer het ook 'n toilet en handwasbak.

Die 2 oopplan-sitkamers skakel met die eetkamer en kombuis wat toegerus is met 'n yskas-vrieskas, klein yskassie, stoof met 4 plate en 'n oond, skottelgoedwasser, wasmasjien, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Die sitkamer het 'n kaggel en daar is 'n TV met 'n DVD-speler met DStv-toegang, bring asseblief jou eie dekodeerder en slimkaart.

Gaste kan ook ontspan op 1 van die 2 verandas en in die leeskamer wat oor die see uitkyk. Daar is ook tuinmeubels en 'n ingeboude binnebraai. Ons is slegs 300 m van die strand af en spog met die mooiste see- en berg-uitsigte vanuit elke kamer. Rook is verbode in die huis. Twee troeteldiere word teen R35 per troeteldier vir die week/naweek toegelaat.

Slaapplek

’n Bespreking by Tajacama sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed Dubbelslaapbank
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelslaapbank

Ligging

  • Tajacama, Bettiesbaai, 7141, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 060
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 060
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tajacama, Bettiesbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDliZWNjNDU0LWZhNGYtNDk2OS1iZDkwLTBlZmEwMmQzZmI3Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 060  per nag (plek vir 8) 3669 Myrica Road Betty's Bay 7141 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -34.358320501212 18.903444271164
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za