Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tala Manzi Wildsplaas Karee Camp

Kampeer/karavaan
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die N4, Driefontein Plaas, Groot Marico, 2850, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 100 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Tala Manzi Wildsplaas Karee Camp bied 'n bosveldwegbreek aan paartjies, groepe of gesinne. Dit is net 2 ure se ry van Pretoria af, maar hier word gaste omring deur brullende leeus, visarende en seekoeie.

Ongeveer 1 km van die hoofkamp af is Kareekamp wat na aan die rivier en tussen pragtige heuwels is. Hierdie kamp het nie elektrisiteit nie en is nie omhein nie, maar bied wel 'n volwaardige bosveld-ervaring.

Verblyf word aangebied in 3 chalets met ablusiegeriewe vir mans en dames en 'n kombuis. Die chalets het elk 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Mans- en damesablusiegeriewe is beskikbaar met baddens en storte en warm water word deur gasgeisers voorsien. Addisionele gaste in karavane of tente kan geakkommodeer word op versoek en teen ekstra koste.

Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, gasyskas, eetgerei, breekware, 'n eetarea en warm water wat voorsien word deur 'n gasgeiser. 'n Bondel vuurmaakhout word vir die groot braai-lapa voorsien en 'n kontantkroeg met 'n TV is ook beskikbaar op versoek. Vodacom-selfoonsein is beskikbaar.

Die Tala Manzi Wildsplaas se hoofkamp bied 'n gemeenskaplike swembad en 'n kinderspeelarea en wildritte kan gereël word op versoek en teen ekstra koste. 'n Verskeidenheid skoenlappers is teenwoordig in ide area en gaste kan die Maricodam besoek wat net 25 km ver is, vir visvang- en voëlkykgeleenthede.

Slaapplek

’n Bespreking by Tala Manzi Wildsplaas Karee Camp sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Stoof

Ligging

  • Langs die N4, Driefontein Plaas, Groot Marico, 2850, Noordwes
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Noordwes
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die N4, Driefontein Plaas, Groot Marico, 2850, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA81e626ce828ebe78bc1a6fd149e14d609e0121519bc86cd1fb7b6345851e41c49b9c81c81967f6307e950c927067e2577013?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag, vir 6 mense Off the N4 Driefontein Farm 2850 Noordwes 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -25.625575 26.37011