Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tala Manzi Wildsplaas

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die N4, Driefontein Plaas, Groot Marico, 2850, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 860 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Tala Manzi Wildsplaas bied ontspanne, luukse verblyf aan groepe of gesinne net 2 ure se ry van Pretoria af. Hier word gaste in 'n natuurskone omgewing deur brullende leeus, die geroep van visrarende en genurk van seekoeie omring.

Dié wildsplaas bied verblyf in chalets wat slaapplek vir 2 tot 6 gaste het en beskik elk oor 1 of 2 slaapkamers met privaat badkamers. Die kamers het elk 'n koningingrootte-bed of enkelbeddens en die badkamers het baddens en storte. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Elk van die chalets het lugversorging en 'n oopplan-kombuis met 'n stoof, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe, waar sommige eenhede ook 'n oond het. 'n Koffiestasie en beskuit word voorsien en, indien dit vooraf gereël word, is maaltye teen ekstra koste beskikbaar.

Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet en in die sitarea voor die TV met sekere DStv-kanale ontspan. Elke chalet bied toegang tot 'n privaat stoep met braaigeriewe en 'n uitsig oor die dam of die wildkamp en omgewing. Die chalets word daagliks skoongemaak en 'n bondel vuurmaakhout word voorsien.

Tala Manzi Wildsplaas bied ook 'n gemeenskaplike swembad, 'n kinderspeelarea en konferensiegeriewe is beskikbaar. Gaste kan 'n wildbesigtiging met hul eie 4x4-voertuig op die 3000 hektaar wildsplaas doen of gaste kan ook stap. Wildritte kan op versoek teen 'n ekstra koste gereël word. 'n Groot verskeidenheid voëls en skoenlappers kan in die area gevind word en gaste kan ook die Maricodam 25 km van die instansie af besoek en daar hengel en voëlkyk.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 7 resensies vir Tala Manzi Wildsplaas
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

5/5

Annelize Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 7

Jaar gelys 2

Ligging

  • Langs die N4, Driefontein Plaas, Groot Marico, 2850, Noordwes
  • Gaste dink Tala Manzi Wildsplaas het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Noordwes
Vanaf
Vanaf R1 860
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 860
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die N4, Driefontein Plaas, Groot Marico, 2850, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3cb09026f92c7d967aa85352ad919943e4345840a55770a2fa42ff1439edd2b6da3b45b442107798089771fdec47ad0b4f7f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 860 per nag, vir 2 mense 7 5 1 5 Off the N4 Driefontein Farm 2850 Noordwes 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -25.617952274089 26.362671556893
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem