Tamboti Ridge Bed and Breakfast

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tamboti Ridge Bed and Breakfast is op 'n suiker- en wildplaas in die rustige natuurskoon van die noordelike deel van KwaZulu-Natal geleë. Die perseel is langs die Pongola Natuurreservaat en Lake Jozini wat baie gewild is vir tiervis-visvang.

Ontspan in die pragtige tuin met 'n klomp broodbome en luister na die verskillende voëls se getjirp. Swem lengtes in die groot swembad langs die braai-area. Gaan stap of ry fiets op die plaas, suiker- en piesangplantasies.

Tamboti Ridge Bed and Breakfast bied verblyf in 4 en suite-kamers met lugversorging, plafonwaaiers, yskassies en TV's. Gratis WiFi is beskikbaar. Die ruim kamer lei na 'n houtdek waar gaste kan ontspan en die welige tuin, verskeie voëls en sonsondergange oor die Pongola-rivier kan geniet.

Daar is ook 'n lieflike TV-kamer met satellietkanale en 'n aparte eetarea. Plaasontbyte word in die hoofplaashuis bedien.

Gaste kan gerus van die swembad en braai-area gebruik maak. Gratis parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tamboti Ridge Bed And Breakfast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false