Tambuzi

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tambuzi is 'n Suid-Afrikaanse mobiele kampsafari-maatskappy wat in reise na verskeie nasionale parke in suidelike Afrika spesialiseer. Hierdie parke sluit die Kruger Wildtuin in Suid-Afrika, Limpopo Nasionale Park in Mosambiek, Gonarezhou Nasionale Park in Zimbabwe en Hlane Nasionale Park in Swaziland in.

Ons bied kwaliteit en doelgemaakte uitstappies om jou behoeftes en sak te pas. Ons lewer dienste vir tot 8 persone per safari ten einde 'n uitstekende en veilige diens te kan verseker.

Tambuzi is in privaatbesit en word bestuur deur Suid-Afrikaanse direkteure wat baie betrokke is. Omdat ons kleiner safari's bied, is die diens meer persoonlik en word aandag aan fyner detail gegee.

Ons passie is om die wildste en mees afgesonderde dele van suidelike Afrika, weg van die gewoel van ons alledaagse bestaan, te verken. Ons wil pragtige, ongerepte plekke met die res van die wêreld op 'n respekvolle wyse deel, om sodoende ook te verseker dat ons 'n groen voetspoor van bewaring kan nalaat vir ons nageslag.

Tambuzi is ontwerp vir oud en jonk, vir almal wat die buitelewe in al sy glore wil geniet. Ouderdom is nie 'n faktor nie, maar 'n gees vir avontuur en goeie sin vir humor is 'n MOET! 'n Kampsafari sal jou nooit laat vergeet waar jy is nie. Die romanse van seildoektente, wilde naggeluide en flikkerende lanternligte op die kampterrein, word gekomplimenteer met die eenvoudige sofistikasie van die wonderlike wildernes.

Om Afrika in al sy glore te ervaar, is 'n mobiele kampsafari ideaal! Ons tentkampe het 'n lae omgewingsimpak en bied 'n Afrika-gevoel soos min.

Daar is 3 verskillende safarikampeL:

* Semi-luukse kampplekke
* Sakpas kampplekke
* Kombinasie kampplekke

Tambuzi bied vervoer van en na sekere internasionele lughawes af deur 'n huurvlug te gebruik sodat gaste nader aan die groter lughawes kan wees. Hierdie wyse van vervoer verhoed dat gaste met lang ritte uitgeput voor of na die safari's voel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Skoonheidskliniek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tambuzi gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za