Tamodi Lodge and Stables

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tamodi Guest Lodge and Stables is geskep deur Lynne en Owen Johnston weens 'n passie vir perde en die manjifieke valleie van die Crags. Hierdie passie word nou weerspieël in 'n pragtige en luukse B&B op die Tuinroete in Plettenbergbaai. Dit is die ideale plekkie vir 'n stil en rustige buitelug-vakansie.

Die lodge kyk uit oor die manjifieke inheemse woud en vallei asook die asemrowende Tsitsikammaberge. Dit dra by tot die rustige atmosfeer wat hierdie betowerende en keurig ontwerpte Plettenbergbaai-verblyf bied. Die argitektuur van die huis is een van die mees fantastiese aspekte en dit laat gaste sommer onmiddellik tuis voel. Die lodge beskik oor 2 ruim sitkamers en 3 massiewe kaggels wat dit heerlik warm en gemaklik maak gedurende die wintermaande. Daar is ook 'n leeskamer en swembad wat tesame die perfekte resep is vir 'n ontspanne somervakansie.

Die perseel maak deel uit van 'n natuurlike bewarea en dis ook 'n bedrywige perdeplaas wat rylesse bied. Die omliggende woud is die tuiste van verskeie plaaslike voëlspesies, wat dit natuurlik 'n absolute paradys maak vir voëlkykers of selfs net diegene wat lekker wil ontspan met die rustige getjilp van voëltjies in die agtergrond.

Verblyf word aangebied in 2 pragtige standaardkamers en luukse wittebrood-suites. Elke eenheid is ontwerp en versier met luukse gemak in gedagte en aandag aan detail sal jou bederf en help om volkome te ontspan.

Aangesien die lodge 'n B&B is, kan al ons gaste soggens smul aan 'n volledige ontbyt. Vir middag- en aandetes kan ons jou verwys na 'n hele paar van ons gunsteling restaurante in die omtrek. Enrico's is, byvoorbeeld, net 'n paar minute se ry ver by Keurboomstrand en daar kan jy lekker sit en die manjifieke uitsigte oor die baai geniet terwyl jy na walvisse kyk of die dolfyne dophou wat in die baai baljaar.

Ons plaas is baie na aan Plettenbergbaai op die Tuinroete en dit beteken dat daar definitief nooit een verveelde oomblik sal wees nie. Jy kan rustig en op jou eie stoom die dorp en al sy besienswaardighede gaan verken.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tamodi Lodge And Stables gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 020 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za