Mpumalanga Akkommodasie by Tanderra Cottage | LekkeSlaap
+15

Tanderra Cottage

7 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 89, Wakkerstroom, 2480, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Tanderra Cottage is 'n selfsorg-kliphuis op 'n rustige plaas sowat 6,5 km vanaf Wakkerstroom se middedorp. Die kothuis bied 'n stil wegbreek in 'n prentjiemooi ligging. Dis naby die doendinge in die dorp geleë.

Die dubbelverdiepingkothuis beskik oor 'n solderkamer en 'n badkamer. Die slaapkamer bo het 'n dubbelbed en 'n dagbed vir 'n kind en die badkamer het 'n bad, wasbak en 'n toilet. Die oopplan-kombuis is goed toegerus met 'n yskas, oond, stoof en 'n ketel. Die sitkamer het sitplek waar gaste kan ontspan en 'n ingeboude kaggel wat as 'n braai-area ingespan kan word.

Gaste kan die eienaar se restaurant, The Garret, wat sentraal in Wakkerstroom geleë is besoek. Ontbyt en aandete kan hier bestel word. Die eienaars woon in 'n aparte gebou op die perseel en is beskikbaar om gaste se vrae te beantwoord.

Die gashere raai gaste aan om met voertuie met hoë grondvryhoogte te ry, aangesien die ingang na die eiendom op 'n grondpad is.

Slaapplek

’n Bespreking by Tanderra Cottage sluit in:

Dubbelbed Enkelslaapbank
Slaapkamer
Plek vir 3 persone
1 xDubbelbed
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 7 resensies vir Tanderra Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Plot 89, Wakkerstroom, 2480, Mpumalanga
  • Gaste dink Tanderra Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Mpumalanga
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 89, Wakkerstroom, 2480, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3KvEHAFtZ5ns86523VDxWYgKeZ3onK1dZUmTiP37GU5EOTRccQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (plek vir 2) 7 5 1 5 Plot 89 Wakkerstroom 2480 Mpumalanga 086 999 0018 12:00-20:00 10:00 -27.348259247396 30.103626926167
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za