Tayside Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tayside Guest House is op 'n koppie geleë wat oor Kidd's Beach uitkyk. Dit bied gerieflike verblyf in 'n ontspanne omgewing en dis lekker naby die strand geleë.

Die verblyf word in 4 slaapkamers aangebied wat elkeen oor 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer beskik. Elke kamer het sy eie voorstoep en skuifdeur-ingang. Daar is ook 'n gesinskamer bo met 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Die gesinskamer is bo die gemeenskaplike kombuis en eetkamer. Kamers word gedurende die week skoongemaak en reëlings kan vooraf getref word om kamers oor naweke en openbare vakansiedae ook te laat skoonmaak.

Daar is 'n groot, veilige tuinarea en veilige parkeerplek met 'n afstandbeheer-hek. Kidd's Beach het 'n veilige swem- en branderplankry-strand en daar is ook heelwat restaurante en teetuine.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tayside Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za