Pilanesberg Nasionale Park Akkommodasie by Tented Adventures Pilanesberg | LekkeSlaap
+23

Tented Adventures Pilanesberg

Tentekamp

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 20 resensies vir Tented Adventures Pilanesberg
Netheid
4.3/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5
Nicoline D - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nicoline D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Regtig heerlike wegbreekgeleentheid waar etes ingesluit is.

Personeel was baie vriendelik en ligging van kamp is pragtig.

Zelma V - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
2/5
Zelma V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig.

Kort definitief bietjie opknapping. Staf was baie vriendelik en behulpsaam. Kos was nie genoeg nie. Elke keer as die mans gaan skep was bykosse reeds klaar. Badkamers 'n bietjie ver veral as jy in die middel van die nag moet gaan.

Armin M - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Armin M

Great diens, kos en plek, uitstekende reelings deur kampbestuur en sy mense.

Net ouer ablusie wat naaste aan tente is het bietjie werk nodig, buiten dat dit pragtig skoon was.

Riaan O - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Riaan O
Gesin met klein kinders

Great plek as jy die park wil sien vir 'n paar dae.

Was baie lekker, gaan weer teruggaan.

Sanet V - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sanet V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wow.

Dit was 'n belewenis. Van die oomblik wat jy daar arriveer word jy regtig soos 'n VIP behandel. Hulle diens en gasvryheid is uit die boonste rakke. Ek sal enigiemand aanbeveel. Dit is stil en rustig.

Izak D - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Izak D
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Wonderlike nuwe ervaring.

Heerlike kos en atmosfeer om die kampvuur met mense van reg oor die aardbol wat mekaar leer ken en stories uitruil. Rob, baie dankie, jy het beslis die ervaring nog lekkerder gemaak. Die 2 sjefs is fantasties en kos uit die boonste rakke. My enigste negatief is dat die tente instandhouding benodig.

Ferdinand B - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Ferdinand B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Oulike, netjiese en goedkoop oornagting, met 'n heerlike dinee en ontbyt, wat die atmosfeer van 'n wildtuin handhaaf.

Hierdie oornagting in Pilanesberg is vir mense wat lekker wil eet en slaap en tog ook die atmosfeer van die wildpark wil behou. Jy slaap in 'n deeglike tent, nie op 'n lugbed nie maar op 'n goeie bed, maar ruik en hoor die natuur om jou. Saans kry jy 'n heerlike dinee met braaivleis en wyn, soggens 'n goeie ontbyt wat jy self kan saamstel. Die bediening is gasvry en hartlik en akkuraat.

Esme J - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Esme J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantastiese kamp-ervaring sonder die gesukkel.

Ons is nie kampers nie en ook bejaard (87 en 70), maar hier maak hulle aandete en ontbyt wat heerlik is. Bedien wyn saam met die ete en G&T vooraf. Die gaste eet saam om 'n tafel, wat gesels maklik maak en jy kan almal se stories hoor: Baie buitelanders terwyl ons daar was. En die prys sluit dit alles in. Ek kan net met lof van almal hier praat. En hulle met groot vrymoedigheid aanbeveel.

Wayne H - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Wayne H
Saam met eggenoot / lewensmaat

The tented camp is conveniently located close to the Manyane gate.

The communal ablution facilities are not convenient and the price of plus/minus R1 200 per night one would expect at least a toilet/shower/hand wash basin in your tent. The communal ablutions are not in a good condition, showers leak, poor pressure, limited, one shower and two toilets, also used by many people camping around the ablutions, this is really not on and I think that Tented Adventures Pilanesberg are overrated. It is summer in South Africa, temperatures on Friday were around 35 degrees, when we arrived at the tented camp there was no cold water to drink and no ice available, not even for drinks before and during dinner. I heard a foreigner asking for a cold beer and the ranger on duty told him to go the local shebeen or bottle store to buy beer. Eventually the ranger shared one of his own beers with him.

Petronel V - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Petronel V
Enkelreisiger

Sal weer en weer en weer gaan.

Hierdie is 'n plek waar jy kan rus, in die skoonheid van die natuur. Met diere in die kamp en kwaliteit safaris. Kan nie wag om weer te gaan nie.

Stella D - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
2/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Stella D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Bietjie meer verwag, tent se zip gebreek.

Sal goed wees as hulle bome plant. Geen lakens op bed, min plek in die tent om tas neer te sit en rond te beweeg.

Juanita P - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Juanita P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit verblyf is skoon, met spierwit beddegoed en die bed slaap gemaklik.

Dit was 'n onvergeetlike naweek, ons het lekker geëet, en die personeel is vriendelik en baie behulpsaam. Die gids (Juan) wat ons wildritte hanteer het is awesome, hy het 'n passie en ons het alles gesien wat ons wou. Dit het al ons verwagtige oortref. Onvergeetlike naweek.

Roelof N - Apr 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Roelof N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Glamping - glamorous camping. Ons het dit vreeslik geniet en heerlik gerus en ontspan op ons wildritte.

Ons het rêrig 'n fantastiese tyd gehad. Ons het ongelooflike wildritte gehad saam met Evan wat ons gids was vir die naweek. Hy het 'n ongelooflike kennis oor die natuur en diere. Die kos wat hulle self voorberei het was fantasties en eg Suid-Afrikaans. Ek kan dit rêrig aanbeveel. Vriendelike diens en hartlik verwelkom deur KB, Thabang en Bennie. Carolyn 'n ster, rêrig soos huis gevoel.

Annie V - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Annie V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wow wow wow!

Die ideale wegbreekplekkie. Fantastiese personeel - Carolyn, Thabang, Benny en die beste game ranger ooit, Kristi. Kos, tente en badkamers was perfek. Dankie julle! Ons kom gou weer terug!

Petronel V - Des 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Petronel V
Gesin met tieners

Het my verwagtinge oorskry!

Van my aankoms tot my vertrek het ek welkom gevoel. Die safari-ritte was asemrowend en die gids was ongelooflik gevorderd in sy kennis van die diere en die natuur. Die kos en geriewe was op standaard.

Hendrik D - Des 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hendrik D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie goeie waarde vir geld en voortreflike diens.

Die tente is kleinerig, maar baie netjies en goed toegerus. Aandetes was baie lekker en afgewissel tussen skottelgeregte en braaie. Die grootste bate van die plek is egter die toegewyde persoonlike diens van die personeel, Koraba, Benny en Thabang.

Tanya P - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tanya P

Onvergeetlike naweek!

Hierdie kampplek is verseker 'n unieke ervaring wat elke persoon ten minste een keer in hul lewe moet ervaar. Die tente is pynlik netjies en die beddens slaap heerlik. Die wildritte duur vir 3 ure en is ook 'n unieke ervaring aangesien mens nie met jou eie motor na 'n sekere tyd mag rondry in Pilanesberg nie. Die ontbyt en aandete was heerlik voorberei en ons is hartlik ontvang met aankoms. As jy hou van kamp maar nie lus is vir al die opslaan, kosmaak en skottelgoed was nie, is dit die plek vir jou. Mens kan net heerlik ontspan en kuier!

Sandra S - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Sandra S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Verblyf en wildritte was wonderlik. Maar die gesamentlike ablusiegeriewe was aaklig en vuil.

Die tentverblyf was wonderlik en die mense baie gaaf. Die wildrit was baie lekker en ons het baie diere gesien. Gids was vriendelik en het baie inligting verskaf. Die kleedkamers was nie skoon nie en dit was nie lekker om dit met ander mense te deel nie.

Joanne Smitz 3 - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Joanne Smitz 3
Saam met eggenoot / lewensmaat

Erge mooie bestemming en goede service. Prijs en kwaliteit is goed!

Mooie locatie, mooie tenten en zeer vriendelijke en behulpzame medewerkers!

Liz E - Aug 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Liz E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Was die beste naweek ooit!

Ons kan Pilanesberg Tented Safari Camp aanbeveel, sal definitief terug gaan!

Tented Adventures Pilanesberg's terugvoer

Goeie more Hennie en Liz, baie dankie vir die mooi boodskap en vir julle kuier by ons. Ons sien daarna uit om julle weer hier by ons te huisves. Groete van Carolyn

Tented Adventures Pilanesberg
Vanaf R2 000
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R2 000
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R2 000
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Manyane Resort, Pilanesberg Nasionale Park, 0318, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVjYzJlMWQ0LTA2NjgtNDFkMy04MTU0LTA4YTMxMzc5YTU4NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (vir 2 persone) 20 5 1 5 Manyane Resort Pilanesberg National Park 0318 Noordwes 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -25.254556115479 27.220974564774
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za