Jacobsbaai Akkommodasie by Tern Beach Studio | LekkeSlaap
+14

Tern Beach Studio

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres:  Duikersingel 20, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 150 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Tern Beach Studio in Jacobsbaai is 'n perfekte wegbreekplek met die see op jou drumpel en asemrowende uitsigte oor die sonsondergange. Dié selfsorg-eenheid is ideaal vir enkelreisigers en paartjies wat op soek is na gerieflike verblyf met lieflike see-uitsigte ver van die stad se gedruis af en in 'n stil woonbuurt. Daar is nie 'n TV nie, maar gaste kan die pragtige uitsig geniet.

Dit is 'n oopplan-eenheid en die slaapkamerarea het 'n koningingrootte-bed. Daar is oorgenoeg ingeboude kaste. Die badkamer het 'n stort, toilet, en 'n dubbelwasbak. Die kombuisie is toegerus met 'n yskassie, mikrogolfoond, tweeplaaststofie, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ingeboude braai-area op die dek.

Kyk uit vir die interessante see- en tuinvoëls. Miskien sien jy selfs 'n muishond of 'n duikertjie. Die patio lei na 'n kuspaadjie deur die interessante rotse en plantegroei van Jacobsbaai se 7 baaie.

Parkeerplek is in die straat vir 1 voertuig beskikbaar. Tern Beach Studio is net 'n klein entjie se ry van verskeie winkels en restaurante af.

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Tern Beach Studio sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 30 resensies vir Tern Beach Studio
Netheid
4.5/5
Diens
4.6/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Duikersingel 20, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Gaste dink Tern Beach Studio het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres:  Duikersingel 20, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE2YmY2MTI0LWFmNjQtNGM0ZS04NDkxLThmZjFmZmExNWY1Mg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 150  per nag (plek vir 2) 30 5 1 5 20 Duiker Close Jacobsbaai 7380 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -32.97963684187 17.886781692469
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za