Marlothpark Akkommodasie by Terrapin Studio | LekkeSlaap
+8

Terrapin Studio

Selfsorg
Spesiale Aanbod 25% af

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 23 Jun 2020 tot 31 Jul 2020.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Butterfly-straat 2375, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R1 800 R1 350 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Terrapin Studio is 'n stylvolle en kontemporêre ateljee in die Afrikabos in Marlothpark, 'n unieke wildbewarea wat by die Krokodilrivier aan die Krugerwildtuin grens. Die huis werk net met sonkrag en skuil in 'n pragtige en stil hoekie. Dis privaat en gaste kan 'n uitsig oor die bos vanuit elke kamer geniet.

Die eenheid is vir 'n paartjie ontwerp en het 'n ruim slaapkamer met 'n koninggrootte-bed, 'n plafonwaaier wat met 'n afstandbeheer werk en 'n en suite-badkamer met 'n groot instapstort. Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en groot skuifdeure en vensters met veiligheidskerms. Gratis WiFi word voorsien.

Die leefarea en slaapkamer lei na 'n verhewe stoep. Die son skyn lekker in die oggend op die stoep en dis teen middag in die skaduwee. Daar is ook 'n beskutte paadjie wat na 'n privaat plonspoel met 'n uitsig oor die bos lei. Die stoep het ook 'n ingeboude braai, 2 sonstoele langs die plonspoel en 'n tafeltjie met 2 stoele.

Die eenheid is heeltemal privaat en daar is geen geboue en ander mense in sig nie, gaste het die bos vir hulself.

Slaapplek

’n Bespreking by Terrapin Studio sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Butterfly-straat 2375, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 800
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 2)
was R1 800
Vanaf R1 350
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Butterfly-straat 2375, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 18
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaeca02d5f722b251ce6098163cc360c9e3655e3b905990c6801ea63b043cd1d1b074ffaeea678b73e400824f4f8c3a707a8d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 800, nou Vanaf R1 350  per nag (plek vir 2) 2375 Butterfly Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -25.345253936456 31.780194635582
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za