De Waterkant Akkommodasie by Terry's 1 Bed Apartment | LekkeSlaap
+17
+17

Terry's 1 Bed Apartment

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R1 950 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v Prestwich- en Buitengrachtstraat, Quayside-kompleks, De Waterkant, Kaapstad, 8051, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Terry's 1 Bed Apartment bied selfsorgverblyf in 'n veilige gebou in De Waterkant in Kaapstad. Dis naby allerlei ontspannings- en sakegeriewe in die middestad.

Dié woonstel is op die boonste verdieping en beskik oor 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die oopplan-kombuis het 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof, kook- en eetgerei en 'n wasmasjien-tuimeldroër.

Die leefarea langsaan het 'n eetkamerstel vir 4 en die sitarea het 'n plasma-TV met 'n DVD-speler en sekere DStv-kanale. Dit lei na 'n balkon met 'n pragtige uitsig oor die stad, Tafelberg, Seinheuwel en Leeukop.

Die gebou het 'n gemeenskaplike gimnasium op die sesde verdieping, 24 uur-sekuriteit, 'n ontvangstoonbank en 'n parkeerplek vir elke eenheid met afstandbeheertoegang.

Die woonstelblok is naby kuierplekke, restaurante en museums. Dis ook net 'n entjie se ry vanaf die CTICC, Kunstekaap-teater, Groenpuntstadion en die V&A Waterfront.

Slaapplek

’n Bespreking by Terry's 1 Bed Apartment sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir Terry's 1 Bed Apartment
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • H/v Prestwich- en Buitengrachtstraat, Quayside-kompleks, De Waterkant, Kaapstad, 8051, Wes-Kaap
  • Gaste dink Terry's 1 Bed Apartment het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v Prestwich- en Buitengrachtstraat, Quayside-kompleks, De Waterkant, Kaapstad, 8051, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAk3GjYbkxBAKEN2CLn8KDQbrRr6NOkl9k46ZpWHEndtymOAKfc7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 950  per nag (plek vir 2) 1 5 1 5 Corner of Prestwich and Buitengracht Street Quayside complex, De Waterkant 8051 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.9167422576 18.42059508102
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za