Thaba Metsi Private Nature Reserve

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thaba Metsi Private Nature Reserve is 10 km buite Bela-Bela op 'n bewarea, die Thaba Metsi Privaat Natuurreservaat geleë en het slaapplek vir 4 gaste.

Die verblyf kyk uit oor 'n natuurlike fontein wat in die reënseisoen oorstroom. Chalet Metsi beskik oor 2 slaapkamers met plafonwaaiers en het 'n badkamer met 'n hoekbad. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die sitarea het 'n TV met DStv en 'n plafonwaaier. 'n Skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek teen ekstra koste.

Braaigeriewe word voorsien en gaste kan in die Jacuzzi met 'n uitsig oor die area ontspan. Gaste moet asb. hul eie vuuraanstekers en hout saambring; hout mag nie in die veld opgetel word nie. Let asseblief daarop dat dele van die eenheid via trappe bereik word en dit moontlik nie geskik is vir klein kinders, bejaardes of gaste met gestremdhede nie. Daar is 'n grondpad wat na die eenheid lei en gaste moet asb. navraag doen oor die toestand van die grondpad voor die inklokdatum.

Daar is stap- en fietsroetes in die area en gaste kan 'n wildrit teen ekstra koste bespreek. Selfry-wildritte word nie toegelaat nie. Wanneer die fontein vol is, is daar ook geelstert en babers om hier te vang. Verskeie wildspesies soos goue wildebeeste, impalas, waterbokke, ribboke, koedoes, steenbokke, sebras, sabelkatte, njalas en kameelperde wei vrylik in die area en daar is verskeie watervoëls rondom die fontein in die somer.

Slaapplek

'n Bespreking by Thaba Metsi Private Nature Reserve sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 volwassenes en 1 kind
1 x Dubbelbed
1 x Kinderbedjie

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Jacuzzi
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thaba Metsi Private Nature Reserve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za