Thabaphaswa Mountain Sanctuary

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thabaphaswa Mountain Sanctuary is 'n bosveld-toevlugsoord op die Percy Fyfe-pad net 16 km noord van Mokopane/Potgietersrus in Limpopo geleë is. Dis die perfekte oornagplek vir reisigers wat onderweg is Krugerwildtuin, Noord-Limpopo en ander areas toe.

Dié toevlugsoord bied slaapplek vir 'n klomp mense in uniek ontwerpte boskampe, 'n 4x4-berghut en 'n kothuis wat volledig toegerus is vir selfsorg, genaamd The Pumphouse. Ons oornag-kampe is gekamoefleer tussen groot rotse op die plaas en dit smelt mooi saam met die omgewing.

Let asb. daarop dat die geriewe baie basies is. Elektrisiteit word nie voorsien nie en ons maak van gaslampe gebruik. Maak asb. seker dat dié geriewe jou welgeval voordat jy navraag oor verblyf doen.

'n 4 km lange provinsiale grondpad en nog 'n 4 km lange plaaspad bied toegang tot die ontvangsarea by die hoofhuis. Die plaaspad is dalk nie ideaal vir voertuie met 'n lae grondvryhoogte nie.

Doendinge in die omgewing sluit voetslaan, draf, bergfietsry, 4x4-roetes, rotsklim en abseil in. Daar is ongeveer 168 voëlspesies en 117 boomspesies. Gaste is ook welkom om te ontspan in die plaas- of natuurlike damme. Daar is 2 Ziplines vir oud en jonk wat ure se vermaak bied.

Natuurliefhebbers besoek ons om weg te breek van die stadslewe en om die bosveld in die berge te ervaar en te geniet.

By Thabaphaswa Mountain Sanctuary, 'n werkende Nguni-plaas, kan gaste ware Suid-Afrikaanse plaas-gasvryheid ervaar. Die Nguni is die kleurvolste vee-spesie in Afrika. By ons kan jy meer van die geskiedenis en alles anders van dié unieke ras leer ken. Kinders kan deelneem aan doendinge soos vee aankeer en koeie melk.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Frans
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thabaphaswa Mountain Sanctuary gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R310 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za