Klein-Karoo Akkommodasie by Thabile Lodge | LekkeSlaap
+13

Thabile Lodge

Lodge
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Thabile Lodge, , Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 700 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Thabile beteken "n plek van geluk" in Sotho. Thabile Lodge is in die Klein-Karoo, tussen die voorheuwels van die Swartberge, geleë. Die lodge se stil plaasatmosfeer bied 'n rusplek weg van die gejaag van die stad en dis die ideale oase waar jy jou liggaam, siel en gees kan vernuwe.

Die lodge het 'n groot gedaanteverwisseling ondergaan van sy nederige ontstaan af. Dit is nou 'n verwelkomende, ongekunstelde wegbreek met vele spesiale kenmerke, soos handgemaakte wasbakke, hoë plafonne en fantastiese uitsigte van die kothuise en die stoepe af. Die plaashuis was altyd oop vir vriende en familie van regoor die wêreld en ons het gou besef dat meeste mense mal is oor die plaas-ervaring.

Die 12 en suite-kamers in die 6 kothuise het natuurlike en landelike afwerkings met 'n klein tikkie Afrika in die versierings. Elke kamer het sy eie stoep met uitmuntende uitsigte oor die Swartberge.

Die kamers is ruim en beskik oor lugversorging, gratis WiFi en koffie- en teemaakgeriewe. Die wasbakke in die badkamers is handgemaak en dit gee 'n unieke gevoel aan die ongekunstelde afwerkings. Die enkelbeddens kan opgemaak word as 'n koninggrootte-bed op versoek. 'n Enkelbed kan ook voorsien word vir 'n klein kind.

Daar is 'n swembad met pragtige berguitsigte waar gaste kan ontspan. Die lodge het ook 'n Jacuzzi, stoomkamer, 'n klein gimnasium (kardio) en 'n TV-kamer met 'n grootskerm-TV en 'n verskeidenheid musiek en DVD's. Tradisionele Suid-Afrikaanse maaltye is beskikbaar. Gaste kan gerus in die groot ontwerperstuin gaan stap waar die inheemse flora en voëllewe volop is.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Vlaams
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Thabile Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Thabile Lodge, , Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Thabile Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Klein-Karoo Wes-Kaap
Vanaf R1 700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 700
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Thabile Lodge, , Oudtshoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZiYmQzNGQ3LTlkMDItNGY4Ni1iMWIyLTU5Zjk4ZWFlY2U5Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 700  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 5 Thabile Lodge Vergelegen, Hazenjacht 6620 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.543491307193 22.40991082059
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za