The African Palace Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The African Palace is 'n luukse gastehuis in die Magaliesberge in Florauna in Pretoria-Noord waar jy 'n bosveld-atmosfeer kan ervaar naby wonderlike geriewe en dienste. The African Palace is naby restaurante, apteke, kafees, Rosslyn en die Wonderboom Lughawe geleë.

Verblyf is beskikbaar in 6 luukse kamers wat stylvol ingerig is met alles wat jy benodig om jou tuis te laat voel. Elke kamer het lugversorging, 'n en suite-badkamer, yskassie, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe.

Kom ontspan by ons kenmerkende glinsterende rots-swembad en lapa met WiFi en DStv, en wen 'n bietjie af wyl jy die sonsondergang geniet. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar.

Met jou aankoms word jy hartlik deur die gasvrou Chantel Schoombee verwelkom en sy sal verseker dat al jou behoeftes aangespreek word sodat jou tydjie by The African Palace onvergeetlik sal wees.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The African Palace Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R690 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za