Garsfontein Akkommodasie by The African Penguin Guest House & Conference Centre | LekkeSlaap
+11

The African Penguin Guest House & Conference Centre

Gastehuis
Langtermynverblyf-aanbod 25% af

Kry 25% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boerboelstraat 597, Garsfontein, Pretoria, 0081, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 R900 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

The African Penguin Guest House & Conference Centre is 'n boetiekgastehuis in Garsfontein, 'n oostelike voorstad van Pretoria. Ons passie is om na ons gaste om te sien en die essensiële dinge in die lewe te waardeer. Ons bied gerieflike verblyf wat ideaal is vir sakereisigers en vakansiegangers.

Die gastehuis bied 12 kamers wat ingerig is met 'n TV en sekere DStv-kanale, koffie- en teemaakgeriewe, lugversorging, 'n haardroër, en suite-badkamer, ketel, mikrogolfoond, ykassie, telefoon, lessenaar en 'n kluis. 'n Strykyster en -plank is ook op versoek beskikbaar.

Die gastehuis het 2 konferensielokale wat tot 30 afgevaardigdes in Raadskamer 1 en 12 afgevaardigdes in Raadskamer 2 kan akkommodeer. Die konferensiekamers is met die nuutste toerusting ingerig om hoë gehalte aanbiedings te lewer hetsy vir privaat of korporatiewe funksies. Die gastehuis bied volledige spysenierdienste volgens jou pakket-opsie. Shanter's braai met 'n vuurmaakplek is 'n ideale lokaal vir 'n privaat funksie. Verder bied dié lokaal ook direkte toegang tot die swembad, ontvangs en parkeerplek wat dit ideaal maak vir skemerkelkpartytjies en ander geleenthede.

Die gastehuis bied ook 'n lieflike tuin met tafels en stoele, wasgoed-, droogskoonmaak- en ander skoonmaakdienste, 'n daaglikse koerant, veilige en gratis parkeerplek op die perseel, 24 uur-sekuriteit en 'n Internetkafee met gratis WiFi. Portiere vir Gautrein-pendeldienste is beskikbaar, asook vervoer na die lughawe, ander pendeldienste en bestuurders en die bespreking van toere, safari's en restaurante.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels
  • Portugees
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Kantoorgeriewe
  • Sekretariële Geriewe
  • Internet
  • Skuifie-projektor
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 3 resensies vir The African Penguin Guest House & Conference Centre
Netheid
4.7/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Boerboelstraat 597, Garsfontein, Pretoria, 0081, Gauteng
  • Gaste dink The African Penguin Guest House & Conference Centre het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 200
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
was R1 200
Vanaf R900
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boerboelstraat 597, Garsfontein, Pretoria, 0081, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZiYjEwNmE2LWFkZmQtNGZhNC04MzVhLTdhZWFkMjVjZTIzZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 200, nou Vanaf R900  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 5 597 Boerboel Street Garsfontein 0081 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.805533709349 28.308973936176
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za