The Artist Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Artist Cottage is 'n knus selfsorgkothuis vir 5 gaste in die middel van Sutherland.

Dié kothuis is in die vroeë 1930's gebou en het 'n tipiese Karoo-styl. Die huis beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die oopplan-solderkamer word via trappe binne of buite die huis bereik. Daar is 1 dubbelbed en 1 enkelbed. Die kamer het ook 'n vrystaande Victoriaanse bad en 'n aparte toilet.

Die slaapkamer op die grondverdieping het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Let asb. daarop dat albei stelle trappe, binne en buite, steil is en dat gaste ekstra versigtig moet wees wanneer trappe geklim word.

Die oopplan-leefarea en -kombuis is op die grondverdieping. Die kombuis is met 'n yskas, gasstofie, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel.

Die sitarea het 'n gesellige kaggel en daar is 'n vuurput buite. Gratis hout en vuuraanstekers word voorsien. Rook is in die kothuis verbode.

Sutherland is is bekend vir skoon lug, sterrekyk en koue temperature in die winter. Dié dorpie is die tuiste van SALT, die grootste teleskoop in die Suidelike Halfrond. Gaste kan moontlik sneeu in die winter en veldblomme in die lente sien.

Slaapplek

'n Bespreking by The Artist Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Artist Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za