Shaka's Rock Akkommodasie by The Atrium 30 | LekkeSlaap
+25

The Atrium 30

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat, Shaka's Rock, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

The Atrium 30 is 'n stylvolle selfsorgwoonstel in Shaka's Rock, aan die KwaZulu-Natalse Dolfynkus. Dié veilige woonstel het uitstekende uitsigte oor die see en die warm Indiese Oseaan is net 500 m van die woonstel af.

Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kamer het ook 'n TV en 'n skuifdeur wat na die balkon lei. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gastebadkamer het 'n toilet, wasbak en bad.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, vrieskas-yskas, mikrogolf, wasmasjien, eetgerei en breekware toegerus. Verder is daar 'n toonbank met stoele. Daar is a gemaklike sitkamerstel in die sitarea en 'n platskerm-TV.

Die woonstel is op die derde verdieping en het uitstekende uitsigte van waar die dolfyne en walvisse in die water baljaar. Die kompleks het onderdakparkeerplek vir 1 voertuig, 'n gemeenskaplike swembad en 'n braai-area.

Slaapplek

’n Bespreking by The Atrium 30 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Hoofstraat, Shaka's Rock, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofstraat, Shaka's Rock, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAo3XrVcQR9d2zdBOZcPTe3gbfjROzJauGKsRbRI3MsvoGW8AVKM?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 250  per nag (plek vir 6) Main Road Shaka's Rock 4420 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -29.514251 31.226067
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za