The Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Beach House is in Salt Rock aan Dolfynkus en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is naby talle winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Die huis het lugversorging en 5 slaapkamers en slaapplek vir 10 gaste. Elke slaapkamer het 'n luukse koninggrootte-bed. Twee van die kamers het 'n badkamer in die kamer, 2 het 'n en suite-badkamer en die vyfde slaapkamer het 'n aparte badkamer. Die 2 hoofslaapkamers lei elk uit na die balkon met 'n uitsig oor die warm Indiese Oseaan. Elke kamer het 'n platskerm-TV met DStv-kanale.

Die moderne kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Dit beskik ook oor 'n wasmasjien, skottelgoedwasser en tuimeldroër.

Die oopplan-sitkamer het gemaklike rusbanke asook 'n TV met DStv, en 'n eetarea met 12 sitplekke. Gaste kan ook gratis WiFi gebruik.

Die leefarea lei na 'n onderdakpatio met 'n swembad, pragtige uitsig en direkte toegang tot die strand. Daar is ook 'n groot dek met lieflike uitsigte. Daar is genoeg stoepmeubels om op te slaap en die son te geniet.

Daar is 'n 24 uur-sekuriteit, 3 toesluitmotorhuis en veilige parkeerplek vir nog 4 voertuie.

Slaapplek

'n Bespreking by The Beach House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R9 500 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false