Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Beach Room

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marechaleweg 38, Woodbridge Island, Milnerton, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R775 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Beach Room is op die prentjiemooi Woodbridge Island Estate met 24 uur-sekuriteit geleë. Dit is ’n veilige en rustige toevlugsoord by die see met ’n pragtige uitsig op Tafelberg net 50 m van jou voorstoep af. Dis boonop net ’n 9 km-rit tot in die middestad of gaste kan die MyCiti-bus neem.

Dié ateljee-kamertjie met gratis WiFi het slaapplek vir 2 volwassenes en beskik oor 'n koningingrootte-bed wat met wit linne oorgetrek is. Die en suite-badkamer het ’n stort, toilet en wasbak. Handdoeke word voorsien.

Verder is daar 'n slim-TV met die volle DStv Premium-pakket, 'n ingeboude kas, 'n lessenaar teen die muur wat opgevou kan word vir meer spasie, asook WiFi. Basiese selfsorggeriewe soos 'n yskassie, mikrogolf, ketel, broodrooster, 'n koffiedompelpot, eetgerei en breekware is beskikbaar.

Die kamer is apart vanaf die hoofhuis met sy eie ingang en ’n klein binnehof met 2 stoele en ’n tafeltjie waar jy heerlik kan ontspan. Daar is veilige parkeerplek in besoekersparkeerplek. Daar is 3 gemeenskaplike swembaddens op die eiland wat gaste en inwoners kan geniet. Die pragtige openbare tuine bied ook hope plek waar besoekers in stilte kan ontspan, die natuurskoon kan geniet of in rus en vrede kan lees.

Die hoogtepunt op Woodbridge-eiland is die 5 km lange strand wat 50 m vanaf die perseel is. Hier kan gaste na hartelus branderplankry, draf of stap met die prentjiemooi Tafelberg en die Moederstad aan die een kant en Bloubergstrand aan die ander kant en Robbeneiland net oorkant die baai.

Die perseel minder as 5 minute se stap van die 4 plaaslike kroeë en restaurante wat heeldag ontbyt, middag- en aandete bedien. Die gewilde restaurant, Maestro's on the Beach, met sy ongelooflike uitsig, is net oorkant die pad. Hulle bedien verskeie a la carte-geregte, van ontbyt tot aandete.

Die Centrepoint-winkelsentrum is stapafstand en gaste sal hier 'n Pick 'n Pay, drankwinkel, Clicks en gimnasium vind. Oorkant die pad is 'n Shoprite en 'n Spar.

Tableview, die wêreldbekende vlieërbranderrymekka, is minder as 9 km weg, asook meer plaaslike branderplankrystrande soos Eden on the Bay en Big Bay. Die fietsrypaadjie sal jou na Tableview langs die kus verby neem of reg na die middestad van die Kaap. Vir gimnasium-verslaafdes is Century City se Virgin Active-gimnasium slegs 10 minute weg. Dis buite die gewilde winkelsentrum en vermaaklikheidskompleks Canal Walk geleë. Oorkant die ingang na Woodbridge-eiland kan jy ’n potjie gholf op die Milnerton-gholfbaan gaan speel of in ’n kano op die Milnerton-strandmeer vaar.

Slaapplek

’n Bespreking by The Beach Room sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Klein kombuis
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 140 resensies vir The Beach Room
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Marechaleweg 38, Woodbridge Island, Milnerton, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink The Beach Room het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R775
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R775
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marechaleweg 38, Woodbridge Island, Milnerton, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVmZWRmZmY5LTQ1MDItNGEzZC04MTVjLWQyNTljMTBkMzZhMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R775 per nag (plek vir 2) 140 5 1 5 38 Marechale Way Woodbridge Island, Milnerton 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -33.883458471707 18.486709808668