The Bond Shed

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Bond Shed is ‘n selfsorgwoonstel in Point Waterfront, naby die ingang tot Durban se hawe. Die woonstel is ideaal vir vriende of ‘n gesin en bied ‘n uitsig oor die Indiese Oseaan van die balkon af.

Dié dupleks het slaapplek vir 4 en beskik oor 2 kamers, 2 badkamers en ‘n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het ‘n koningingrootte-bed en ‘n en suite-badkamer met ‘n bad, stort, toilet en wasbak. Dié kamer het ‘n deur wat na die balkon lei. Die tweede kamer het ook ‘n koningingrootte-bed en ‘n deur wat na die balkon lei. Die tweede badkamer het ‘n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met ‘n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien, eetgerei en breekware. Daar is ook ‘n toonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 8 en die sitarea het ‘n gemaklike sitkamerstel en ‘n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.

Slaapplek

'n Bespreking by The Bond Shed sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Bond Shed gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 039 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false