The Bucks Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Bucks Guest House is in die buitewyke van Kroonstad geleë en bied gerieflike toegang tot die hoofweë.

Dié gastehuis het 4 selfsorg-eenhede met stoepe: Springbok, Kudu en Nyala. Elke eenheid is gerieflik gemeubileer met koninggrootte- en enkelbeddens, en privaat badkamers met baddens of storte. Verder het elke eenheid 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolf, en koffie- en teemaakgeriewe. Al die eenhede het lugversorging.

Ontbyt is beskikbaar op versoek, en die wasgoed- en skoonmaakdiens is opsionele ekstras.

The Bucks Guest House is langs die N1, net 'n klein entjie se ry van die Panorama Plaza en die gholfbane af. Gaste kan gerus ook 'n draai maak by Boskoppie Leeuplaas en Wildreservaat en die Boereoorlog Konsentrasiekamp.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Bucks Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za