Marlothpark Akkommodasie by The Bush Luxury Self-Catering Lodge | LekkeSlaap
+15

The Bush Luxury Self-Catering Lodge

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Erdvarkstraat 3979, Marloth Park, 1320, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Dié selfsorg-lodge is pragtig gemeubileer en beskik oor 2 slaapkamers met 'n dubbelbed elk, 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens, 2 volledige badkamers en 'n oopplan-kombuis wat volledig toegerus is. Die leefkamer is gemeubileer met leerbanke vir 'n ekstra luukse leefstyl in die bos. Alle kamers het waaiers en dubbelhoutdeure wat na die houtdek lei.

Die tweede verdieping het 'n gesinskamer en 'n houtdek met 'n uitsig oor die Lionspruit Natuurreservaat. Buffels word gereeld hier bespeur, veral laatmiddag terwyl gaste 'n skemerkelkie op die dek geniet. Die buitenste lapa het ook braaigeriewe vir 'n tradisionele bosbraai.

Die lodge is in die hartjie van die Laeveld in Marloth Park, sowat 100 km oos van Nelspruit. Daar is 2 klein kruidenierswinkeltjies wat vars brood en die basiese benodighede verkoop, sowel as 'n restaurant in Marloth Park wat heerlike maaltye bedien vir gaste wat nie hul eie voedsel wil voorberei nie.

Die lodge is baie afgesonder en grens aan 'n natuurreservaat met 'n verskeidenheid wild wat leeus, luiperds, buffels en renosters insluit. Die perseel is net 15 km van die Krugerwildtuin se Krokodilbrughek af. Die Groot 5 word gereeld langs die heining teen die Krokodilrivier gewaar. Die gebrul van die leeus en die getjank van die hiëna word gereeld hier gehoor en soms word leeus ook langs die Leeuspruit-heining gewaar. Die laaste 100 m is 'n bospad. Alhoewel motors daar kan ry, beveel ons eerder 'n voertuig met 'n hoë grondvryhoogte aan.

Slaapplek

’n Bespreking by The Bush Luxury Self-Catering Lodge sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Forelhengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 17 resensies vir The Bush Luxury Self-Catering Lodge
Netheid
4.4/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Erdvarkstraat 3979, Marloth Park, 1320, Mpumalanga
  • Gaste dink The Bush Luxury Self-Catering Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Erdvarkstraat 3979, Marloth Park, 1320, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUyZDA1ZWFhLTNjNWItNDRiNy1hY2EzLWQ4MDdhODUyZjA2OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 100  per nag (plek vir 6) 17 5 1 5 3979 Erdvark Street Marloth Park 1320 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-21:00 11:00 -25.362544405664 31.804572343826
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za