The Cavern Drakensberg Resort & Spa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Cavern is in 'n afgesonderde vallei onder die massiewe sandsteenhange van die noordelike Drakensberge geleë. Ons grasdak-verblyf en geriewe smelt pragtig met die natuurlike omgewing saam. The Cavern spog met 'n versameling San-tekeninge, 213 voëlspesies, 150 boomspesies en heelwat wilde diere. As jy 'n natuurliefhebber is, is dít die plek vir jou.

Verblyf word gebied in 11 kamers. Die Standaard Kamers is in 'n welige tuin met inheemse plante en voëls. Elke kamer het 'n stoep waar gaste heerlik in die son kan baai en oor die berge kan uitkyk.

Die Superior Kamers het pragtige uitsigte op die omliggende berge, asook stoepe wat lekker sonlig kry. Hier kan gaste luister hoe die stroompies deur die bos kabbel en heerlik in die natuurskoon ontspan. Elke suite het pragtige afwerkings en meubels, 'n kaggel, TV en yskassie.

Hierdie paradys met sy ongelooflike uitsigte, wild en 'n oorvloed voëls is net 'n paar uur van Gauteng af. Daar is soveel maniere om die omgewing te verken, soos voetslaan, bergfietsry, te perd of met 'n vierwielmotorfiets. Jy ook heerlik bederf word by ons Forest Retreat Spa of ons smaaklike disse op die proef stel.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Cavern Drakensberg Resort & Spa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za