Jeffreysbaai Akkommodasie by The Cottage | LekkeSlaap
+27
+27

The Cottage

6 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 400 per nag (vir 6 persone)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Tulip- en Azalea-laan, Jeffreys Bay Villas, Jeffreysbaai, 6200, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

The Cottage is geleë in Jeffreysbaai, Suid-Afrika se branderry-hoofstad. Dié ruim, luukse eenheid is goed ingerig en staan in 'n veilige kompleks, net 600 m van die strand af. Dit is 'n rustige, privaat omgewing oorkant die gholf- en rolbalbaan.

The Cottage het 3 aparte slaapareas: die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer, die tweede kamer het 2 enkelbeddens, en die derde slaapkamer het 'n slaapbank. Handdoeke en beddegoed word voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie strandhanddoeke saambring. Verder is daar 'n ruim sitkamer met 'n aparte gesinskamer met 'n stapelbed vir 2 kinders of volwassenes wat bereid is om op 'n stapelbed te slaap. Die oopplan-gedeelte sluit 'n volledig toegeruste kombuis met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf, broodrooster en ketel in. 'n Toesluitmotorhuis is en ekstra parkeerplek beskikbaar. 'n Gerieflike binnebraai lei na die eetarea en kombuis en is ideaal vir dié wat lief is vir ’n goeie Suid-Afrikaanse braai.

Die alarmstelsel, wat met 'n plaaslike gewapende reaksie-maatskappy verbind is, verseker gemoedsrus. Daar is ook DStv wat teen R50 per aand aangeskakel kan word (opsioneel).

Die kothuis laat nie matrikulante wat hulle jaareindpartytie vier toe nie. Slegs studente wat deur hulle ouers vergesel word, word toegelaat.

Jeffreysbaai is wêreldbekend vir sy branders, hengelplekke, pragtige strande, skulpies en swemplekke. Branderplankryers van regoor die wêreld kom na Jeffreysbaai vir die branders en dit is ook 'n gewilde visvangbestemming.

Daar is verskeie fabriekswinkels, Fountains Mall en talle eetplekke in dié oulike dorpie. Net 'n entjie se ry hiervandaan kan jy gaan perdry op die strand. Ons is oorkant die gholfklub en rolbalperk en die Kragga Kamma Wildlodge en Baywest Winkelsentrum is net 45 minute se ry hiervandaan. Die wêreldbekende Stormsrivierbrug- en mond waar jy op die hangbrug kan gaan stap en by die restaurant kan eet terwyl jy oor die oseaan uitkyk, is ook iets om te beleef as jy die pragtige Tsitsikamawoud gaan verken.

Kom bly by ons lieflike tuiste weg van die huis af en verlustig jou in ons pragtige omgewing en lekker doendinge!

Slaapplek

’n Bespreking by The Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 6 resensies vir The Cottage
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Hoek van Tulip- en Azalea-laan, Jeffreys Bay Villas, Jeffreysbaai, 6200, Oos-Kaap
  • Gaste dink The Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R1 400
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R1 400
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Tulip- en Azalea-laan, Jeffreys Bay Villas, Jeffreysbaai, 6200, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXmYlEFEEfCQHSZjaGrJ4hWNsMBZPw2rfi3JpSr6mYRFUa8kV32?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (vir 6 persone) 6 5 1 5 Corner of Tulip & Azalea Avenue Jeffreys Bay Villas 6200 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-00:00 10:00 -34.043258687104 24.921574741602
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za