Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Croft Cottages

Selfsorg
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Croft Cottages, Xholora, Stutterheim, 4930, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R705 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Croft Cottages is aan die voet van die Amatolaberge aan die grens van die Xholora-woud, 7 km van Stutterheim af geleë. The Croft bied selfsorg- en B&B-verblyf in goed toegeruste kothuise en en suite-kamers. Dit het die ideale ligging vir gaste wat na Oos-Londen, Bisho, King Williams Town en Queenstown reis.

Die kothuise en en suite-kamers is ideaal vir sakereisigers, oornaggaste, naweekgaste en gesinne wat met vakansie is. Dit is op 19 hektaar se grond geleë en bied privaatheid in 'n prentjiemooi plaasomgewing. Beeste wei naby die eenheid, silkie-hoenders loop op die eiendom rond en duikers en Samango-apies kan gereeld bespeur word. Die Xholora-woud se voetslaanpaadjies is ook net 'n kort entjie ver.

Die 2 grasdakkothuise het elk 2 slaapkamers, een met 'n dubbelbed en die solder-area met enkelbeddens. Elke kothuis het 1 badkamer en 'n kombuisie wat met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf, ketel en 'n broodrooster toegerus is.

Die houtkothuis is 'n enkelverdieping-eenheid met 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof, oond, yskas, mikrogolf, ketel en 'n broodrooster toegerus is.

Die 2 en suite-selfsorgkamers het elk 'n dubbelbed, badkamer en 'n kombuisie wat met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf, ketel en 'n broodrooster toegerus is. Die 2 basiese en suite-kamers het elk 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed, 'n badkamer, yskassie, mikrogolf, ketel en 'n broodrooster.

Al die eenhede het WiFi en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die kothuise het kaggels en die en suite-kamers het verwarmers. Daar is elektriese komberse op al die beddens. Daar is braaigeriewe op die stoepe en gaste kan die swembad op die perseel gebruik.

The Croft Cottages is ideaal geleë vir gaste wat woud- en wildernisroetes wil aanpak, wil voëlkyk en hengel. Besonderse voëlspesies sluit die grootpapegaai, rooiborsie, oranje lyster, Kaapse swartkoppie en vele meer in. Kom verken die woud te voet, per bergfiets of perd. Besoek die plaaslike damme met uitstekende fores- en baarshengelgeleenthede of besiek die plaaslike buiteklub vir 'n potjie gholf of tennis en muurbal. Stutterheim spog met die Stationary Engine Museum en gaste kan die Thomas River Geskiedenisdorpie besoek vir 'n ete of 'n koppeie koffie.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 9 resensies vir The Croft Cottages
Netheid
4.2/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • The Croft Cottages, Xholora, Stutterheim, 4930, Oos-Kaap
  • Gaste dink The Croft Cottages het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Amathole-distrik Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R705
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R705
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: The Croft Cottages, Xholora, Stutterheim, 4930, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9ec2afd8bf7bfec903bc17829ec10a719aba116b5fc2913795da0f783f018e78c6cbe181865e932413485b71fcdb42c34b24?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R705 per nag, vir 2 mense 9 5 1 5 The Croft Cottages Xholora 4930 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -32.546154412078 27.366463246627