The Dunes 90

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

The Dunes 90 is 'n selfsorgdorpshuis in die veilige Dunes Hotel and Resort-landgoed, met sy eie restaurant, kroeg, swembad en trampolien. Die landgoed is in Keurboomstrand, 10 km vanaf Plettenbergbaai en 110 km vanaf George se lughawe. Die landgoed het veilige strate waarin kinders kan krieket speel en hulle fietse kan rondry. Daar is ook 'n privaat uitkyk-dek op die perseel vanwaar besoekers dolfyne en walvisse kan kyk. 'n Veilige wandelpaadjie deur 'n melkhoutboom-woud lei gaste na die privaat-strand.

Dié dubbelverdieping-dorpshuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié kamers is op die boonste verdieping en deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede badkamer is op die onderste verdieping en het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 6 mense en die sitkamer het 'n gemaklike bank en 'n platskerm-TV met volledige DStv. 'n Lessenaar is ook beskikbaar met 'n kragprop vir jou skootrekenaar.

Die huis het 'n heerlike ingeboude braai met 'n klein, privaat tuin. Daar is 'n wasgoedlyn buite en parkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig agter 'n geoutomatiseerde motorhuisdeur.

Slaapplek

'n Bespreking by The Dunes 90 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
2 x Kinderbank vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kluis

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Dunes 90 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 350 R1 215 per nag (plek vir 4)

Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za