Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Elegant Desert Lodge

  • Kapasiteit: 54 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die C19, Sesriem, 0000, Hardap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

The Elegant Desert Lodge is op die grens van die Wêrelderfenisgebied van die Namibiese woestyn en net 38 km vanaf die hek na Sesriem en Sossusvlei. Die vriendelike en hulpvaardige personeel sien uit om gaste by The Elegant Desert Lodge te verwelkom.

Die lodge bied verblyf in 27 smaakvol versierde, stylvolle en moderne kamers met 2 enkelbeddens. Elke kamer het lugversorging, 'n en suite-badkamer, 'n ingeboude kluis en tee- en koffiemaakgeriewe. Die smaakvol versierde en gerieflike kamers nooi gaste uit om terug te sit en te ontspan in die sielvolle tog bevrydende atmosfeer van die wêreld se oudste woestyn.

Die pragtige en rustige tuin is 'n klein oase in die woestyn en bied verskeie plekke om te sit en lees of te ontspan. Die uitsig oor die woestynvlaktes vanaf die stoep kan ook van elke kamer geniet word.

Gaste kan smul aan die uitgebreide en voedsame ontbyt of die opsie kies om 'n ontbyt-piekniekmandjie te neem indien 'n vroeë oggend avontuur beplan word om Sossusvlei te verken. Gaste kan 'n rustige middagete geniet saam met 'n bottel Suid-Afrikaanse wyn vanuit die lodge se wye reeks wyne wat met die hand deur die eienaars uitgesoek is.

In die middae kan gaste in die kontemporêre-sitarea ontspan, die kalmte van die lowergroen tuin inasem of sonbaai langs die sprankelende swembad. Gaste kan 'n drankie drink by die swembadkroeg en die sonbedekte vlaktes bewonder. Verder kan gaste 'n landskapsrit neem om die uitgstrekte vlaktes in kontras met die Tsaris- en Naukluftberge van die Namibwoestyn te aanskou.

Namibië het skilderagtige sonsondergange en dit gaan gewoonlik gepaard met 'n drankie en word gevolg deur 'n kampvuur in 'n Afrika-vuurherd. Gaste kan moontlik van die wild raaksien wat by die watergat hulle dors kom les.

Vir aandete bied die lodge 'n viergangmaaltyd en gaste sal bederf word met al Namibië se lekkernye. Aandete word in die restaurant bedien of onder die sterrehemel in die tuin, afhangend van die weer.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 4 resensies vir The Elegant Desert Lodge
Netheid
4.5/5
Diens
4.3/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
3.8/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.1/5

Paul Brinkman / Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 4

Jaar gelys 6

Ligging

  • Langs die C19, Sesriem, 0000, Hardap
  • Gaste dink The Elegant Desert Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Hardap Namibië
Vanaf
Vanaf R2 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 54 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die C19, Sesriem, 0000, Hardap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA42cce4e46c25fda24788d3343a29b5744e7ffb1714c8b0c17f47119bea6bea750ba1f8d15a8a3c4fecea86a37f7b498f046d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 900 per nag, vir 2 mense 4 5 1 5 Off the C19 Sesriem 0000 Hardap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.619698 15.992649
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem