Newcastle Sentraal Akkommodasie by The Executive House | LekkeSlaap
+20

The Executive House

B&B
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Greavesstraat 16, Middestad, Newcastle, 2940, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R930 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

The Executive House is aan die buitewyke van Newcastle se middestad in 'n rustige buurt met min verkeer. Dit is naby Newcastle se MediClinic en 5 minute se ry van Blackrock Kasino en Newcastle Mall met sy verskeidenheid restaurante en winkels geleë. Indien jy nie juis van inkopies en winkelsentrums hou nie, is daar 'n Pick n Pay Sentrum net 2 minute se ry in die pad af.

Dit is maar net een van die paar gastehuise wat streng Halaal is en dit beteken dat geen varkvleis bedien word nie en geen alkohol op die perseel toegelaat word nie.

Daar is 12 ruim kamers wat 3 Eksklusiewe Suites, 2 Gesinskamers, 2 Enkelbedkamers en 5 Dubbelkamers insluit. Al die kamers het en suite-badkamers en in die een gesinskamer is daar 'n stort-oor-bad wat dit makliker vir ouers van klein kinders maak om die jongspan te bad. Al die badkamers het bidets.

Skoon handdoeke word daagliks voorsien en 'n unieke versameling badprodukte word ook ingesluit. Elke kamer het koffie- en teemaakgeriewe, asook lugversorging met afstandbeheer vir snikheet somerdae of yskoue winteraande. Daar is 'n TV met DStv-kanale - met alles van komedies, nuus tot sportkanale - in elke kamer beskikbaar. Elke kamer het ook 'n yskassie om drankies lekker koud te hou in die somermaande.

Elke kamer geniet toegang tot gratis WiFi. Die kamers word ook daagliks skoongemaak en terwyl ons vriendelike personeel verseker dat gaste alles het wat hulle mag nodig kry, kan gaste 'n smullekker Halaal-ontbyt in die ontbytkamer geniet. Ontbyt word van 07:00 af bedien vir diegene wat vroeg uit die vere is en tot 09:00 beskikbaar.

Gaste hoef nie te bekommer oor die veiligheid van hul voertuie nie aangesien daar oorgenoeg onderdak-parkeerplek en 'n sekuriteitswag op die perseel is. Die wag is deurentyd in kontak met die kontrolekamer en gewapende reaksie is ook net 'n oproep ver.

Kenmerke

Afrikaans
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir The Executive House
Netheid
4.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Greavesstraat 16, Middestad, Newcastle, 2940, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink The Executive House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R930
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R930
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Greavesstraat 16, Middestad, Newcastle, 2940, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ3NmU0NzJlLTljMWItNDUxYS1iOTA2LTk0NTY2MjQzZTYyNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R930  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 5 16 Greaves Street CBD 2940 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -27.76545 29.937205555556
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za