Dullstroom Akkommodasie by The Eyrie | LekkeSlaap
+21

The Eyrie

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Piet Retief-straat 369, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R945 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

The Eyrie is in Dullstroom en het 'n uitsig oor 'n vleiland en op die Suikerbos-berg. Die eiendom is binne maklike bereik van uitstekende restaurante en 'n kort entjie se stap vanaf pragtige bergroetes, 'n forelhengeldam en bergfietsroetes. Dullstroom is ook die halfpadmerk na Krugerwildtuin vanaf Johannesburg.

Dié losstaande vakansiehuis het 3 verdiepings en beskik oor 2 slaapkamers, elk met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die hoofslaapkamer se badkamer het 'n stort, spa-bad, toilet en wasbak en die tweede slaapkamer se badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die hoofslaapkamer het ook 'n sauna. Linne en handdoeke word voorsien.

Elke kamer lei na 'n balkon met uitsigte oor die omliggende gebiede.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien.

Die sitkamer het gemaklike rusbanke, 'n TV met DStv en 'n eetarea met genoeg sitplek waar gaste saam hul maaltye kan geniet. Daar is ook gratis WiFi.

Daar is braaigeriewe in die tuin en gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel in 'n toesluitmotorhuis.

Slaapplek

’n Bespreking by The Eyrie sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir The Eyrie
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Piet Retief-straat 369, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink The Eyrie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R945
per nag (plek vir 4)
Vanaf R945
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Piet Retief-straat 369, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAANnaJuVKSC2uclpIwmx14i9TvmrVvHEMc3kGlGM4eVPDrM5ojvd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R945  per nag (plek vir 4) 3 5 1 5 369 Piet Retief Street Dullstroom 1110 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.412567034144 30.104614972353
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za