The Farm Windhoek

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf wat 8 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

The Farm Windhoek is 40 km buite Bloemfontein. Dié ou plaashuis is perfek vir gaste wat op soek is na 'n stil plaaswegbreek. Die plaas is omring deur 2 heuwels met lekker staproetes en asemrowende uitsigte oor die plaas en die omliggende omgewing.

Daar is slaapplek vir 58 in 3 eenhede en 'n kampterrein. Die kamers is gerieflik gemeubileer en met antiekmeubels ingerig. Die kampeerterrein het 'n gemeenskaplike ablusiehut met 'n toilet, stort en 'n wasbak, en daar is nog 'n wasbak buite om skottelgoed te was.

Elektrisiteit is nie op die plaas nie beskikbaar nie - alles word met sonkrag, windkrag en gas aangedryf. Op sekere plekke is daar selfoonsein, maar ons het ook WiFi vir noodgevalle.

Besienswaardighede op die plaas sluit 'n skouspelagtige uitsig oor die tipiese Vrystaatse vlaktes van die omliggende heuwels, houtfossiele en antiekhede soos ou plaasimplemente (waarvan 'n paar nog werk) in. Op warm somersdae kan gaste die betondam met sy vars en skoon boorgatwater uit 2 van die 3 windmeule op die plaas benut. Vir sterrekykers is daar ook 'n teleskoop. Die ou plaashuis het 'n wye verskeidenheid boeke en ou tydskrifte om van te kies en daar is ook 'n versameling ou plate, 'n radiogram, verskeie musiekinstrumente, bordspeletjies en legkaarte.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Farm Windhoek gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R350 R280 per nag (vir 2 mense)

Kry 20% af vir verblyf wat 8 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za