Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The Franklin Loft Apartment 1513

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pritchardstraat 4, The Franklin Loft Apartment 1513, Newtown, Johannesburg, 2193, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Franklin Loft Apartment 1513 is 'n moderne selfsorgwoonstel in die Franklin-gebou in Johannesburg. Die Franklin Solderwoonstelle bied stylvolle en ruim verblyf in 'n privaat en mooi plek. Dit het ook al die geriewe wat jy van 'n modieuse woonstelblok sal verwag, soos vriendelike personeel, 24 uur-sekuriteit, veilige ondergrondse parkeerplek, 'n groot en goed toegeruste gimnasium, 'n Jacuzzi en 'n portier op die perseel wat gaste met navrae en versoeke help.

Hierdie ateljeewoonstel het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n dubbelbed, 'n oopplan-kombuis, 'n groot oopplan-leefarea, 'n leefarea met 'n stads-uitsig en 'n oopplan-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n Nespresso-koffiemasjien en 'n Bluetooth-klankstelsel in die woonstel.

Dié hoekwoonstel is 'n kreatiewe ruimte met 'n ongekunstelde styl, 'n tikkie luuksheid en 'n uitsig oor die stad. Dit is fantastiese kuierplek, maar is ook ideaal vir enkelreisigers. Die woonstel het nie 'n TV nie, maar gaste word aangemoedig om musiek aan te sit, 'n verfkwas op te tel en tot die kunswerke in die woonstel by te dra. Maak
gerus gebruik van die skilderdoeke wat voorsien word. Gaste kan ook lekker lees of bordspeletjies speel. Daar is talle restaurante, koffiewinkels, kroeë en nagklubs in die omgewing. Die woonstelle is gerieflik naby hoofkantore geleë vir gaste wat vergaderings in die stad moet bywoon.

Oor die jare het baie van Suid-Afrika se mees prominente sakemense en sterre al by The Franklin gebly wat dit 'n gesogte bestemming in die hartjie van die sakekern maak.

Slaapplek

’n Bespreking by The Franklin Loft Apartment 1513 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Jacuzzi
Veilige Parkering

Geriewe

  • Jacuzzi
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Gimnasium
  • WiFi

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Ligging

  • Pritchardstraat 4, The Franklin Loft Apartment 1513, Newtown, Johannesburg, 2193, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R2 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pritchardstraat 4, The Franklin Loft Apartment 1513, Newtown, Johannesburg, 2193, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7Who3caHnyktfvGS6b9rELl4oQV2N8THhCqDKRnKLUvQlFjgmC?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2) 4 Pritchard Street The Franklin Loft Apartment 1513 2193 Gauteng 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -26.20402 28.03691