The Gallery Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Gallery Guest House is geleë in 'n rustige plaasomgewing net 5 minute se ry van Lichtenburg se middedorp en 1 km van die R53 af, op
die Mmabatho/Lichtenburg/Coligny-hoofpad. Ons is perfek geleë vir sakereisigers en diegene wat 'n naweekwegbreek soek en daar is verskeie troue venues in die omtrek.

Verblyf word gebied in 4 selfsorgeenhede. Elke eenheid is volledig toegerus met 'n yskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, al die nodige breekware en eetgerei, linne en handdoeke. Daar is daaglikse skoonmaakdienste en braaigeriewe is beskikbaar.

Die verblyf is privaat en beskik oor veilige parkeerplek en toegang deur elektriese hekke.

Besoekers is ook welkom om 'n draai te maak by die kunsateljee/galery op die perseel van plaaslike kunstenaar Marina Rousseau. Gedurende die somermaande word jy uitgenooi om die bonsai-tuin met meer as 50 pragtige boompies te besoek. Ons sien uit daarna om jou hier te verwelkom!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Gallery Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R520 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false