Machadodorp Akkommodasie by The Grey's Inn Hotel | LekkeSlaap
+21

The Grey's Inn Hotel

  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Butana Jele-straat 20, Machadodorp, 1170, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R20 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

The Grey's Inn Hotel bied en suite-akkommodasie in kamers met 2 driekwartbeddens, 'n kroeg, 'n restaurant wat volledig gelisensieer is en 'n koffiewinkel op dieselfde perseel. Die hotel word deur die eienaar bestuur. Baie jare gelede was die perseel waarop die hotel nou staan 'n handelspos met 'n skuur en stalle. The Grey's Inn Hotel verwelkom alle besoekers, motorfietsryers ingesluit.

Die hotel bied verblyf in 9 kamers met 2 driekwartbeddens wat elk 'n en suite-badkamer het. Geriewe in die kamer sluit 'n platskerm-TV, yskassie en gratis tee- en koffiemaakgeriewe in. Daar is 'n aparte ingang na elke kamer vanaf die onderdak-patio met buitemeubels en 'n tuintjie. Die gratis parkeerplek reg voor die verblyf is beskut en veilig en daar is gratis WiFi in die koffiewinkel, kroeg en op die dek.

The Rumblin Tum Restaurant is volledig gelisensieer en het 'n diverse spyskaart. Die restaurant maak ook spyseniering vir funksies doen en wegneemetes is beskikbaar. The Purple Orchid Coffee Shop bedien warm en koue drankies, heerlike koek en souttert. The Stag's Breath Pub is volledig gelisensieer en het 'n pool-tafel, TV's, V slots-dobbelmasjiene en 'n groot dek met 'n TV. Daar is houtvuurkaggels in die kroeg, restaurant en koffiewinkel.

Machadodorp is in die hartjie van die vlieghengelkontrei en Kruger het eens op 'n tyd hier by die spoorwegstasie gebly. Hier is baie Anglo-Boereoorlog geskiedenis en dit is ook 'n ideale oornagplek op pad na die Krugerwildtuin en ander besienswaardighede in Mpumalanga se hoë- en laeveld.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Nagportier
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 10 resensies vir The Grey's Inn Hotel
Netheid
4.5/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Butana Jele-straat 20, Machadodorp, 1170, Mpumalanga
  • Gaste dink The Grey's Inn Hotel het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R20 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R20 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Butana Jele-straat 20, Machadodorp, 1170, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZjZTdlNjhiLWRkM2EtNDFjNC1iZTY3LWUzOGIxN2RjNDY1NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R20 000  per nag (plek vir 2) 10 5 1 5 20 Butana Jele Street Machadodorp 1170 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-21:00 09:00 -25.662959 30.250314
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za