The Guest House Corp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Guest House Corp bied heerlike verblyf waar jy so tuis sal voel soos by jou eie huis. Ons is geleë in Pretoria-Noord, net noord van die Magaliesberge. Die area is bekend vir die tropiese somerklimaat. Ons is gerieflik geleë naby die Hillside Gholfbaan, Akasia Hospitaal, Wonderboom Lughawe, Wonderboom Junction Winkelsentrum en ander geriewe en skole. Die gastehuis bied maklike toegang vanaf die N4- en N1-hoofweë.

Elkeen van ons kamers het 'n koningingrootte-beddens, 'n en suite-badkamer, 'n TV met volle DStv, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. Ons volledig toegeruste kamers is ideaal vir sakelui, kontrakteurs, groepe en oornagbesoekers wat op pad is na hulle volgende bestemming.

The Guest House Corp het 'n swembadarea waarin gaste kan afkoel op die warm somersdae. Daar is 'n vermaaklikheidsarea met 'n pooltafel, veerpyltjieborde, 'n TV met DStv, braaiplekke en 'n kroegie. WiFi-kuberkolle vir e-pos is beskikbaar. Die perseel is baie veilig met hoë mure, elektriese heinings en afstandbeheerde hekke. Etes, wasserydienste en 'n pendeldiens is op aanvraag beskikbaar teen ekstra koste.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe

Aktiwiteite op perseel

  •  Wynproe

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Guest House Corp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za