The Jupiter

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Jupiter is 'n gastehuis in Sutherland in die Noord-Kaap. Die gastehuis is ideaal vir groepe, gesinne of vriende wat op soek is na gerieflike akkommodasie en is veral gewild gedurende die winter wanneer dit soms sneeu.

Ons het 5 gerieflike kamers, elkeen met 'n dubbelbed en enkelbed wat geskik is vir 'n kind. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met stort of bad, wasbak en toilet. Die kamers is toegerus met die nodige geriewe, soos paneelverwarmers, elektriese komberse, donsduvets, tydskrifte, koffie- en teemaakgeriewe en privaat ingange.

Verder het die gastehuis WiFi in die gemeenskaplike areas, 'n speelplek vir kinders, 'n restaurant met 'n kaggel op die perseel waar heerlike geregte genuttig kan word en 'n kroeg met 'n groot platskerm-TV waar gaste sport kan kyk. The Jupiter staan gaste ook by om toere in die omgewing te reël: sterrekyk, motorfietsritte en besoeke binne of buite die dorp.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Jupiter gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za