The Lemon Tree Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Lemon Tree Guest House bied verblyf asook ontbyt, en is in die hartjie van Nuweland in Kaapstad geleë. Hierdie gastehuis is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike oornagverblyf naby die Cavendish-winkelsentrum, Nuweland se rugby- en krieketvelde en ander besienswaardighede in die Suidelike Voorstede.

Verblyf by The Lemon Tree Guest House beskik oor 2 slaapkamers wat uniek en stylvol ingerig is. Die kamers het 'n koningingrootte-bed of 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Elke kamer het 'n en suite-bad of -stort, asook gratis WiFi, 'n TV met volledige DStv en koffie- en teemaakgeriewe.

'n Egte Kontinentale ontbyt word by die tarief ingesluit, en 'n Engelse ontbyt of aandete kan op versoek teen 'n ekstra bedrag gereël word. Die gastehuis het ook 'n gemeenskaplike sitkamer waarin gaste kan ontspan, 'n pendeldiens na die lughawe en piekniekmandjies wat gereël kan word. Veilige parkeerplek agter hekke met elektriese omheining is beskikbaar.

The Lemon Tree Guest House is net 10 tot 15 minute vanaf die Universiteit van Kaapstad, Kirstenbosch Botaniese Tuine, Kenilworth Resiesbaan, Constantia Wynroete en verskeie ander besienswaardighede geleë.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Lemon Tree Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za