The Lismore Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Plaas Lismore is sedert 1844 onder die bestuur van die Barry-familie. Dit is deur die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie as 'n perdestoetery gebruik. Die plaas is ongeveer 20 minute suid vanaf Barrydale en 20 minute oos vanaf Swellendam. Die Lismore Cottages bied gerieflike verblyf in 'n selfsorgkothuis aan die oewer van die rivier en aan die voet van die berg, met 'n uitsig oor die groen velde van Lismore.

Die rustieke kothuis bied slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Daar is 2 badkamers. Die oopplan-kombuis bied 'n ontbyttoonbank en is toegerus met 'n yskas, oond en stoof. Die kothuis het gaslampies en kerslig, en gaste hoef slegs beddegoed saam te bring of dit kan met bespreking versoek word. 'n Sak hout word met aankoms voorsien. Daar is 'n kaggel in die sitkamer vir die koue winteraande.

Doendinge in die omgewing sluit swem in die rivier, visvang in die dam, voetslaan, fietsry, voëlkyk en perdry in. Ontspan by die kothuis en geniet die asemrowende uitsigte vanaf die patio. As jy gelukkig is kan jy dalk ook 'n skaars en skaam bosvark gewaar.

Toe die plaas as 'n perdestoetery gebruik was, is daar 'n poskantoor-handelspos opgerig waar transportryers perde verruil het. Later jare het Thomas Barry tabak gekweek. Die eerste koelinrigting en -kamers in Suid-Afrika is op hierdie plaas begin en kan steeds vandag gesien word. Sedert 1970 is Lismore hoofsaaklik vir melkboerdery gebruik. Dié omgewing het die hoogste konsentrasie jerseybeeste in Suid-Afrika. Ons het ook sedert 2000 'n Nguni-kudde.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Lismore Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za