The Loerie Hide Bed and Breakfast

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Loerie Hide Bed and Breakfast is 'n luukse B&B in Oos-Londen. Die gashere, Nigel en Sue Rainer, nooi jou uit om die vrede en rustigheid van hulle idilliese B&B in die hartjie van die dorp te kom ervaar.

Alhoewel The Loerie Hide Bed and Breakfast in 'n pragtige, rustige en luukse buitewyk in die hartjie van Oos-Londen geleë is, bied dit vinnige en maklike toegang tot die middestad, 'n gholfbaan, strande, restaurante, winkels, banke en ander besienswaardighede.

Kies tussen die Afrika-styl Safari-kamer, die meer tradisionele Koloniale en Nuwe Koloniale Kamers, en die ongekunstelde Rondawel. Die 4 luukse en suite-gastekamers in die pragtige subtropiese tuin bied gaste 'n oase van rus en vrede in die hartjie van Oos-Londen. Elkeen van die slaapkamers het 'n privaat ingang, stoep of dek, en deure wat toegang bied tot die tuin met 'n soutwaterswembad. Daar is ook satelliet-TV en WiFi in al die kamers.

Gaste sal lekker smul aan 'n volledige Engelse ontbyt wat by die tarief ingesluit word, terwyl hulle oor die asemrowende Nahoonriviervallei uitkyk.

Die voëllewe in die tuin is uitstekend - voëlkyk-entoesiaste sal ure op die dek spandeer en oor die woud uitkyk. Gelukkige gaste sal dalk 'n Knysnaloerie in die bome gewaar - hulle kom kuier gereeld hiér in die tuin. Veilige parkeerplek vir motors is op die perseel beskikbaar.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Loerie Hide Bed And Breakfast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 150 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za