The Loft

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Loft is 'n ruim dupleks-eenheid op die eienaar se perseel in Kirstenhof. Die eenheid spog met uitsigte op Silwermynberg en dis in 'n veilige omgewing agter hoë mure met afstandbeheer-toegang. Die eiendom is naby Steenberg Village-winkelsentrum met lieflike restaurante en koffiewinkels.

Die eenheid bied slaapplek vir 2 persone op die boonste vloer in 'n ligte, lugtige slaapkamer met 2 enkelbeddens en witgekalkte vloere. Daar is ook 'n klein sitarea met 2 stoele en 'n TV. Die badkamer beskik oor 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die leefarea en kombuisie is op die onderste vloer. Die kombuisie is toegerus met basiese geriewe soos 'n yskassie, mikrogolfoond, ketel en wasbak. Die leefarea is ingerig met 'n gemaklike rusbank en 'n tafel met 2 stoele.

The Loft is in die Suidelike Voorstede naby lieflike wynplase, markies, strande en ongelooflike berge geleë. The Loft is nie geskik vir jong gesinne of reisigers wat moeilik beweeg nie, siende dat 'n mens trappe moet gebruik om die slaapkamer te bereik.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Loft gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R790 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za