The Lofts

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Lofts is in Stilbaai-Oos geleë en bied slaapplek vir 4 mense.

Die eenheid is op die eerste vloer (trappe) en het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en gebruik 'n tweede, aparte badkamer met 'n bad. Gaste moet asseblief hul eie strandhanddoeke saambring. Geen diere toegelaat.

Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n stoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en ontbyttoonbank. Gaste kan in die sitkamer ontspan waar daar 'n TV en DVD-speler is. Nintendo Wii, veerpyltjiebord en bordspeletjies is ook beskikbaar. Volledige DStv is beskikbaar.

Die woonstel het 'n ingeboude onderdak-braai wat uitkyk oor die karavaanpark en die res van Stilbaai. Onderdakparkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig, met ekstra parkering buite in die straat.

The Lofts is 200 m van die Lappiesbaai Blouvlagstrand af, en Stilbaai bied talle besienswaardighede wat gaste kan verken insluitend die Inverroche-distilleerdery, die Anglo-Boereoorlog Gedenkteken en die Blombos Museum van Argeologie. Daar is ook baie doendinge wat gaste in die omgewing kan aanpak soos voëlkyk, fietsry, voetslaan in die natuurreservate en die palings voer by die Stilbaai Toerismeburo.

Slaapplek

'n Bespreking by The Lofts sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na The Lofts gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za